The Lord of the Rings: The Return of the King (Rolprent)

The Lord of the Rings: The Return of the King is die derde aflewering in Peter Jackson se filmtrilogie The Lord of the Rings, gebaseer op J.R.R. Tolkien se gelyknamige blitsverkoper.

Die film het op 1 Desember 2003 in Wellington, Nieu-Seeland, begin en is op 17 Desember in rolprentteaters wêreldwyd vertoon. The Return of the King is die opvolg van The Fellowship of the Ring en The Two Towers. In vergelyking met Tolkien se boek, vertel die film dele van beide The Two Towers en The Return of the King.

Die film is benoem vir elf Oscars by die 2004 Oscars. Die rolprent het alle benoemings, insluitend beste rolprent gewen en die rekordgetal Oscars van 11 met Titanic en Ben Hur gedeel. 'n Jaar later, aan die einde van 2004, is 'n uitgebreide uitgawe van hierdie film vrygestel en 48 minute se nuwe en uitgebreide tonele is by hierdie film gevoeg.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne